Skip to main content
Liedteksten

Binnelandse Sake

Ek is altyd rustig

Wat ook gebeur

Al val daar ’n bom op my huis op my kop

Ek bly in beheer

 

Leiers wat lieg

SARS vat my geld

’n Vrou wat my moeg maak

Niks kan my ontstel

 

Maar Binnelandse sake

Binnelandse sake maak my mal

Ek is cooler as almal

Ek haat sentiment

 

Hoendervleis of trane

Het ek nooit geken nie

En ek kyk naar ’n begrafnis

In ’n wonderlike fliek

Met duisend viole en almal tjank

My doen dit niks nie

 

Maar Binnelandse sake

Binnelandse sake laat my huil

Ek is diep, ek is wroegend

Ek is so ernstig soos die nag

Hou nie van humor nie

Ek is ’n suur, suur gat

 

Maar Binnelandse sake

Binnelandse sake laat my lag

Uitgebracht
2015
Duurtijd
03:12
Credits
Tekst en muziek: S. Bos
Dit nummer staat op volgende uitgaves
Stef Bos nieuwsbrief

Blijf op de hoogte

Meld je aan en ontvang het Stef Bos-nieuws als eerste in je mailbox.

Nu aanmelden

Meer plaatsen om Stef Bos te ontdekken