Ek was orals en nêrens
Van Amsterdam tot die Kaap
In ’n eindelose vlakte
In ’n doodloopstraat
Het verloor en verower
Gesoek en gevind
Die goue kalf het my betower
Die oseaan het my laat sing
Ek het die reën sien val
Het die son sien skyn
My kinders is gebore
En my pa en ma het verdwyn
Het die wereld sien verander
En dis nou tyd om stil te staan
En ek is hier in die Boland
En ek kyk na die maan
En ek sien orals die sterre
En ons is so klein
En voor jy dit weet is alles verby
En ek kyk na die toekoms
En sien my verlede
En al wat ek soek nou
Al wat ek soek nou
Is rus en vrede
Ek het gevlieg en geval
Ek het gebid en gevloek
Ek het die oorlog gesien
En ek het die liefde gesoek
En daar was altyd ’n engel
Wat na my kyk
En nou staan ek hier
Na ’n reis deur die tyd
En kom ons drink op die lewe
Met ’n goeie glas wyn
Want voor jy dit weet
Is alles verby
En ek kyk na die toekoms
En ek sien my verlede
En al wat ek soek nou
Al wat ek soek nou
Al wat ek soek nou
Is rus en vrede
Meld je aan en ontvang het Stef Bos-nieuws als eerste in je mailbox.